criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

6. HOEVEEL SAL 'N PROKUREUR MY VRA OM MY SAAK TE BEHARTIG, EN HOE KAN EK DIE KOSTES BEPERK?

Elke prokureur bepaal sy eie fooie vir die verskillende tipes werk wat verrig word. Dit is belangrik om 'n ooreenkoms met hom te bereik voor die werk begin word. Meeste prokureurs vereis dat 'n deposito betaal word voor werk onderneem word. Dit is ook algemeen dat prokureurs verhoogde fooie vra vir werk wat na-ure gedoen word, soos borgaansoeke buite werksure of gedurende naweke en vakansiedae).

Daar is sekere algemene maniere hoe fooie gestruktureer word:

  • Uurlikse Fooi

Die prokureur hef fooie per uur, ongeag watter tipe werk verrig word. Die uurlikse tarief behoort vooraf ooreengekom word.

  • Daaglikse Fooi

Gewoonlik word daar 'n vasgestelde bedrag gehef vir elke keer wat 'n saak uitgestel word, en 'n ander bedrag vir elke verhoordag, ongeag hoeveel ure spandeer word.

  • Globale Fooi

Die prokureur kan 'n vase bedrag vasstel vir die behartig van die hele saak, ongeag hoe lank dit neem of hoeveel keer dit uitgestel word. Hierdie bedrag kan sekere dienste uitsluit, soos borgaansoeke en die loods van 'n appèl. Die bedrag mag ook kostes deur die prokureur namens die kliënt aangegaan is (soos bekom van die dossierafskrif).

Beperking van Regskoste

Die belangrikste stap in die beperking van regskoste is die ooreenkoms met die prokureur rondom die struktuur van fooie. Hier volg sekere maniere waarop kostes verder verminder kan word:

  • Wees georganiseerd.

Probeer soveel inligting as moontlik aan die prokureur beskikbaar stel teen die eerste konsultasie. Indien u reeds in die hof verskyn het, moet u die saaknommer en die datums van alle vorige asook volgende verskynings byderhand hê. U moet ook alle vrae wat u het vooraf gereed kry om sodoende die konsultasie tyd te beperk.

  • Wees deeglik.

Vertel die prokureur al die feite van die saak, asof hy geen kennis daarvan dra nie. Hoe meer inligting die prokureur oor beskik, hoe beter kan hy u saak behartig. Die prokureur het 'n plig om u inligting vertroulik te hou. Hou die konsultasies kort en kragtig.

  • Kommunikeer. U is waarskynlik die prokureur se grootste bron van inligting oor die saak. Indien iets gebeur het vanaf u vorige konsultasie, moet u dit aan die prokureur weergee. Dit kan veroorsaak dat hy sy inslag verander.
  • Gaan die rekening noukeurig na, sodat daar nie kostes gehef word waarop u nie ooreengekom het nie.

Terug na vrae