criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

8. WAT IS MY REGTE WANNEER EK BY 'N PADBLOKKADE AFGETREK WORD?

Die Nasionale- en Provinsiale Polisiekommissaris mag skriftelik magtiging gee vir padblokkades op enige publieke pad of spesifieke area. Hierdie skriftelike magtiging moet 'n spesifieke datum, beraamde tydsduur, plek en doelstellings bevat. Slegs indien die bekom van skriftelike magtiging die doel sal verydel, mag 'n padblokkade sonder magtiging gehou word. 'n Polisiebeampte mag enige persoon of voertuig sonder 'n lasbrief deursoek. Die publiek is geregtig op 'n afskrif van die skriftelike magtiging vir die padblokkade. Indien die magtiging op grond van te min tyd nie bekom is nie, die redes vir die hou van die padblokkade.

KAN EK GEDWING WORD OM 'N ASEMTOETS TE DOEN OF MY BLOED TE LAAT TREK?

Die Nasionale Padverkeerswet maak daarvoor voorsiening dat geen persoon mag weier om 'n bloed- of asem monster te verskaf nie. Weiering kom neer op 'n misdaad waarvoor dieselfde straf opgelê kan word as die van bestuur met bloed-alkoholvlak bo die voorgeskrewe beperking.

Die Strafproseswet bepaal dat polisiebeamptes persone wat in hegtenis geneem is na 'n geregistreerde mediese praktisyn moet neem indien daar bloed getrek moet word. Die polisiebeamptes is by magte om 'n persoon met geweld te dwing om 'n bloedmonster te verskaf.

Terug na vrae