criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

 11. MAG DIE POLISIE MY DEUR AFSKOP OM MY HUIS BINNE TE KOM?

'n Polisiebeampte wie regmatig 'n perseel mag deursoek, mag die nodige geweld toepas om weerstand te oorkom. Die voorwaarde is dat hy eers hoorbaar aandring op toegang tot die perseel en die doel daarvoor bekend maak. Die geweld wat gebruik mag word, sluit die afbreek van 'n deur of venster in. Wanneer die polisiebeampte 'n rede het om te glo dat die item waarvoor gesoek word vernietig mag word indien hy eers toegang versoek, mag hy dadelik die perseel betree.

Deursoeking van 'n persoon of perseel moet geskied met streng inagname van ordentlikheid en orde. Polisiebeamptes moet in alle omstandighede slegs die minimum geweld toepas wat die omstandighede vereis.

Terug na vrae