criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

16. ROOF, DIEFSTAL EN BEDROG: WAT IS DIE VERSKIL?

1. Diefstal

'n Persoon pleeg diefstal wanneer hy onregmatig en opsetlik 'n ander se eiendom neem om die eienaar of regmatige besitter permanent van sy regte daartoe te ontneem.

Voorbeelde:

• X betree sy buurman se tuin en neem sy grassnyer sonder toestemming, met die bedoeling om nooit die grassnyer erugbesorg nie (indien X van plan is om een of ander tyd die grassnyer terug te besorg, is dit nie diefstal nie).

• X betree 'n winkel, neem daar 'n sjokolade en loop uit sonder om te betaal.

2. Roof

Roof behels die diefstal van eiendom deur die gebruik van geweld of dreigemente van geweld om die eienaar sodoende tot onderwerping te dwing. Roof word somtyds na verwysas "diefstal met geweld".

Voorbeelde:

•X nader iemand op straat, dreig met 'n vuurwapen of rand hom fisies aan sodat hy sy besittings oorhandig en maak hom dan uit die voete.

•Motorkapings.

3. Bedrog

Bedrog is die onregmatige en opsetlike maak van 'n wanvoorstelling wat ware nadeel of potensiële nadeel vir 'n ander veroorsaak.

Voorbeelde:

•X voltooi 'n tjek van 'n ander persoon en bied dit dan aan vir betaling.

•X koop klere op rekening sonder om ooit die bedoeling te hê om die rekening te betaal. Waar 'n persoon op krediet koop, maak hy die stilswyende voorstelling dat hy bereid is om te betaal, dat hy dit in die toekoms gaan betaal en dat hy inderwaarheid genoeg geld gaan hê om te betaal.

Terug na vrae